Modulekode | KLD 311 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Module-inhoud | Sosiaal-sielkundige en kulturele aspekte van kleding: Ontwikkeling van 'n raamwerk; die simboliese-interaktionisme as perspektief; die kognitiewe benadering. Ontwikkeling van die self: self en selfkonsep; die fisiese self as indikator: persoonlike waardes en norme. Voorkomsbestuur en aanbieding van die self: rolaanvaarding, identiteit, sosiale beheer en rolle in sosiale kognisie. Kulturele konteks en klere: weerspieëling van menslike aanpassing; kultuurskeppings (tegnies, moreel, seremoniële patrone); gemeenskappe en klere; skoonheidstandaarde en -ideale. Sosiale konteks, identiteit, verandering en klere; die gesin, politiek, godsdiens, ekonomie en die rol van klere as weerspieëling van die sosiale en persoonlike identiteite; mentefakte en identiteite; sosiale verandering en klere. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Verbruikerswetenskap |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App